Accommodation on the South Coast
Honeymoon & CouplesSmall FamiliesLarge FamiliesLarge GroupsPet FriendlyAlphabetical
Bed & BreakfastHotel & LodgesSelf CateringLetting AgentsCaravan & CampingYouth & School Camps

Town to Town:
Route4: ●Oslo BeachShelly BeachSt MichaelsUvongoManaba BeachMargateRamsgate


8 Erasmus Straat, Margate.
Cell: 084 517 5032
Foon & Faks: 039 317 1200
Epos: nitaheymans@gmail.com

'By Die See' is 'n groot Kaapse geuwel huis met selfsorg "chalets" kothuisies op die perseel.  Ons is in die middel van Margate gelee, 100m na Shoprite, strandwinkeltjies, restaurante en 300m van die hoof swemstrand van Margate. Net 'n lekker stappie.

STUDENTE WELKOM

Die kothuisies is ten volle toegerus met linne (geen handdoeke)
TV met gewone kanale, waaiers en braai geriewe.
Daar is 'n borrelbad en 'n groot kuierstoep en 'n ekstra stort en toilet.

1 X  Eenmans kothuis Lekker groot dubbelbed, stort, wasbak en toilet, klein eethoekie
en eie private tuintjie - akkommandeer 2 grootmense.
1 X  Een slaapkamer Private stoep - akkommandeer 2 grootmense 3 kinders.
1 X  Een slaapkamer Grasdak - akkommandeer 2 grootmense 2 kinders.
1 X  Stoepkamer Akkommandeer 2 grootmense
1 x Twee slaapkamer Slaap 4 grootmense en 2 kinders
1 x Twee slaapkamer (aircon) slaap 4 grootmense

"By die See" kan twee gesinne of (Ouma en Oupa) lekker saamkuier en nog privaat wees.
Studente is welkom, ons is loopafstand na al die jongmense se kuierplekke. "Backpackers" is ook welkom aangesien ons 'n paar tent staanplekke kan voorsien met 'n braai, stort en toiletgeriewe.

Troetel diere is beperk tot een klein hondjie. Reelings kan getref word vir ekstra honde.

Daar is nie seeuitsig vanaf die eenhede nie maar wel vanaf die perseel, aangesien die perseel omring is met 'n muur en 'n elektriese heining. Elke eenheid het een onderdak parkering binne in die perseel agter die veiligheidsheining. Daar is parkering vir 'n tweede voertuig teen 'n addisionele tarief.

   Iemand is altyd op die perseel, dus is handdoeke, en wasgoed op die draad veilig en indien dit reen, sal dit ingebring word. Daar is wasgoed geriewe en reelings kan getref word vir 'n skoonmaakdiens.

Make a On-Line Reservation Enquiry

SCWEB
© 1998-2010